top of page

Ons Predikantspaar

Ds. Zander van't Zand.jpg

Predikant 

Zander van't Zand

Marina 2.jpg

Eggenoot

Marina-Jean van't Zand

Ds. Zander en gesin.jpg

Zander is gebore in Pietermaritzburg in 1990. Sy ouers is Dirk en Melinda van’t Zand. Hy het in Pietermaritzburg skool gegaan, gematrikuleer, en belydenis van geloof afgelê.

 

Na hoërskool het hy regte gaan studeer by die Potchefstroom kampus van die NWU. Dit het amper vir ‘n volle jaar gehou, totdat hy tot die besef gekom het dat hy vir iets anders geroep word. Dus het hy in 2010 teologie begin studeer. Dit is ook die jaar wat hy sy vrou, Marina ontmoet het. ‘n Baie goeie jaar.

​

Marina en Zander het mekaar leer ken op ‘n uitreik na Drimiopsis naby Gobabis. Marina, jongste kind van Dors (Willem) en Annette Venter, is gebore in Jan Kempdorp en sy neem niemand kwalik wat nog nie daarvan gehoor het nie. Marina is baie lief vir diere en net so lief vir mense. Sy het by die DBV gewerk asook by perdry terapie klasse. Sy het ook handwerk klasse aangebied by die CMR, maar ons is dankbaar dat sy nou ‘n voltydse Moeder kan wees.

 

Zander en Marina is getroud op 23 November 2013. Hulle kry dadelik ‘n oormaat van diere, maar wag eers amper ses jaar voordat hulle ‘n kind kry. Sybert Willem van’t Zand is op 13 Januarie 2019 gebore en op die 24ste Februarie deur sy oupa (Dirk van’t Zand) gedoop. Anna Margaretha van’t Zand is op 5 Augustus 2021 gebore en op die 26ste September gedoop, ook deur haar oupa.

​

Zander is ‘n “geek” soos wat die mense dit noem. En enigiets van “Star Wars” tot Lord of the Rings maak hom baie gelukkig. Voordat hy in  die Gereformeerde Kerk Okahandja bevestig is, was hy die predikant van die Gereformeerde Kerk Middelburg-Noord (2016-2021), en die Gereformeerde Kerk Kameeldrift (2021-2024).

  • Facebook
bottom of page